
Magalies Potgooi (Magalies Afrikaanse Podcast)
Explorez tous les épisodes de Magalies Potgooi
Date | Titre | Durée | |
---|---|---|---|
25 Jun 2024 | [98] Kopkrap raaisels oor kop kwessies | 00:53:32 | |
Ons kyk na 3 gedagte eksperimente: - Buridan se Esel - Mary se kamer (kleur) - Roko's basilisk | |||
03 Jan 2024 | [75] Tech: Kernkrag | 01:36:03 | |
Ons praat or nuclear power en onlangse ontwikkeling. | |||
16 Jul 2024 | [101] Klets met Tattoo-kunstenaar Simone | 01:04:35 | |
Ons gesels met Simone, professionele Tattoo kunsternaar | |||
16 Jun 2021 | [4] Denkfoute I | 01:56:56 | |
“Niks is beter as 'n Ferrari!... ...maar 'n Volla is darem beter as niks... ...So 'n Volla is beter as 'n Ferrari!" Klink reg, maar daar het erens 'n denkfout ingeglip! Tobie, Rudolph en Evert praat uiteindelik nie heeltyd net oor hulleself nie. Wat is die denkfoute wat mense gereeld maak? Hoe kan dit help om meer daarvan bewus te wees?
Rudolph se hond op Wikipedia (wiki)
| |||
06 Sep 2023 | [62] Pop: Tydtoere in flieks | 01:14:34 | |
Wat is jou gunstelling 'time travel' fliek? Wat is al die verskillende tipes time travel wat ons sien in flieks, soos 'block universe' versus parallele heelal. Watter soort was "Back to the Future"? Wat gebeur met Marty in die ander tydlyne? Tel "Terminator" as 'n tyd-toer fliek? Wat het in Donnie Darko gebeur? Ons doen ook 'n ontleding van Deja Vu (tydlyn hier ) Tobie vertel ons hoekom die wetenskap in Interstellar verkeerd is - die perd wat gewag het toe die ander karakters op die tyd-toer sensitiewe planeet was moes eintlik jonger gewees het as die res van die span, nie ouer nie! En ... het Disney te Woke geword? En ietsie ekstra... waaroor gaan "No Country for Old Men" eintlik? Dan is daar ook Groundhog Day, Tennet, Source Code, Primer, Inception, Interstellar, Time Trap... baie spoiler alerts as jy enige van die flieks gekyk het. Safe house death scene | |||
10 May 2022 | [29] Magalies vs die internet: 1 | 01:10:58 | |
'n Mens sluk gemiddeld 5 spinnekoppe per jaar terwyl hy of sy slaap. Jy kan die Great Wall in Sjina sien vanaf die ruimte. Is al die ‘feite’ waar? Francois toets die Magalies se kennis en kyk of hulle val vir al hierdie internet staaltjies. Welkom by ons eerste vasvrae kompetisie! Blue-ringed octopus: wiki | |||
02 Aug 2023 | [57] Vrees | 01:31:26 | |
Vrees, angs, trauma, fobias, adrenalien, risiko en nog meer lekker rustige goed om oor te praat. | |||
08 Feb 2025 | Nuusflits: Dricus Du Plessis veg! UFC 312, Sondag oggend | 00:01:36 | |
Dricus Du Plessis veg more, Sondag oggend weereens teen Sean Strickland. Kyk op DSTV so tussen 9am en 10am. Jy kan ook die fight koop op ufc fighpass. Hier by my kos dit so 30 eur. | |||
15 Mar 2023 | [45] Boekklub: Aliens, Engele, Golems - 8 wêrelde met Ted Chiang | 01:29:40 | |
Ons drie praat or a paar kortverhale in Ted Chiang se versameling "Stories of your life and others". As jy nie na die hele gooi wil luister nie.... | |||
03 May 2022 | [28] Die verhaal van Eva, Neo en die rooi pil | 01:17:01 | |
Vandag probeer ons Dominee speel en dink bietjie oor die Genesis storie van die slang en die vrug en ons was half verras dat daar 'n paar twists en turns is wat ons nie van Sondagskool kan onthou nie. En aangesien die nuwe Matrix movie uit is, kom ons kyk na die ooreenkoms tussen die Matrix en die Bybel. Is die rooi pil wat Neo geeet amper dieselfde as die vrug van kennis? En dan praat ons bietjie verder oor kennis en epistemologie - wat die raamwerk en prosesse is wat jy gebruik om kennis bymekaar te maak en te integreer. En wat beteken die woord "waarheid"? Is wetenskap veronderstel om die waarheid te vind? Buckle your seatbelt Dorothy, 'cause Kansas is going bye-bye. | |||
08 Jan 2025 | [126] Klets oor klein dingetjies wat pla | 00:52:08 | |
Oftewel soos wat hulle in Engels sê "Pet Peeves". | |||
22 Oct 2024 | [115] Weet die haas die jakkels weet hy weet hy wil hom vang? | 01:03:28 | |
Is miere autonome? Het hase 'theories of mind'? Hoekom lyk robotte soos oulike diertjies? Weet die kiewiet hy flous die jakkals? Ervaar krewe pyn? Is daar verskillende vlakke van bewussyn? Gelukkig is Dan Dennett se wysheid naby om ons deur die probleem te lei. Braitenberg Masjien: https://www.youtube.com/watch?v=A-fxij3zM7g Kinds of Minds: https://www.amazon.com.au/Kinds-Minds-Toward-Understanding-Consciousness/dp/0465073514 Howl's Moving Castle: https://en.wikipedia.org/wiki/Howl%27s_Moving_Castle_(film) | |||
23 Feb 2022 | [18] Boekklub: Permutation city - Greg Egan | 01:48:48 | |
Dis weer tyd vir Francois se boekklub. Diekeer praat ons oor Greg Egan se Permutation city.
| |||
18 Oct 2022 | [34] Lex Fridman promo - LEGO speel met selle | 01:09:22 | |
Het jy al na Lex Fridman geluister? As jy nie het nie, mis jy uit. Ons gaan jou probeer oortuig deur so paar stories rond te gooi van hoofsaaklik twee van sy nuutste episodes: Micheal Levin: https://www.youtube.com/watch?v=p3lsYlod5OU Nick Lane: https://www.youtube.com/watch?v=tOtdJcco3YM
| |||
19 Mar 2024 | [Blits] Boekklub: 7.5 lesse oor die brein - Lisa Feldman Barrett | 00:14:49 | |
Hierdie is 'n 15 minute opsomming van episode 13 waar ons Lisa Feldman Barrett se boek "Seven and a half lessons about the brain" bespreek het. | |||
21 Jul 2021 | [9] Klim uit jou boks en voel die multipotentialite in die lug (Michelle Cheyne) | 01:34:12 | |
Michelle is die stigter van Instinctive Living, deel van Content College, en Celebrate Southern Africa wat binnekort die Celebrate Southern African Woman event gaan host. Ons praat oor allerhande bokse waarin ons mense sit, die teenpool "Multipotentiality" en vele relevante onderwerpe. "Refuse to choose" boek details. Emily Wapnick on multipotentialite op Ted Talks Joseph Campbell - Hero’s Journey Fleur van Eeden onderhoud Octopus Movement se website Big 5 personality traits Wikipedia artikel | |||
12 Jul 2023 | [54] Boekklub: God, Mens, Masjien en Dier (met Afrikaans Vandag Podcast) | 01:03:07 | |
Ons kuier met Afrikaans Vandag se Annemie en Carien en praat oor die boek "God, Human, Animal, Machine" geskryf deur Meghan O'Gieblyn. Die boek ondesoek die verwantskap tussen menswees, geloof en tegnologie. Nuwe tegnologie soos Taal Modelle forseer ons om te dink oor wat dit is om 'n mens te wees. Afrikaans Vandag: https://podcasts.apple.com/gb/podcast/afrikaans-vandag-met-annemie/id1558079668 | |||
31 Jan 2024 | [78] Boekklub: Arch-Conspirator | 01:12:16 | |
Divergent fliek reeks se skrywer, Veronica Roth het ons vermaak met die kort verhaal "Arch-Conspirator". | |||
23 Nov 2022 | [37] Klets: 44 Afrikaners is nie plesierig (met Tersia) | 00:34:41 | |
Ons klets met Tersia oor Charlize se lastering teen ons Afrikaanse kultuur. | |||
16 Mar 2022 | [21] Klets: Mal voëls | 01:28:28 | |
Mal, dronk en wraaksugtig. Praat ons van jou eks of oor voëls? Australian Magpie: wiki | |||
05 Jul 2022 | [32] Geloof window-shopping | 01:22:24 | |
Ons kyk bietjie na verskillende gelowe in die wêreld soos 'n kar "dealer" wat jou vertel van al die beste dele van die kar. | |||
21 Dec 2022 | [39] Tersia haal Jordon Peterson oor die kole | 00:58:47 | |
Hierdie is 'n opvolg van ons episode oor Jordan Peterson se boek, 12 Rules for Life. Lyk of daar meer dinge oor Jordan Peterson te sê is, veral sy vae en vreemde termes wat hy gebruik as hy oor geloof praat. Tersia het weer met ons kom praat en 'n ontleding gedoen oor sy kommentaar oor geloof. | |||
20 Dec 2023 | [73] Vrye wil, bestaan van tyd, Marxisme en meer (met Pieter Kriel) | 01:20:05 | |
Pieter Kriel is besig met sy Meesters in Metafisika.
Ons praat met hom oor marxisme, metafisika, die verwantskap tussen wetenskap en filosofie, vrye wil, die gebrek an self, bewussyn, Siener van Rensberg en Afrikaners op Tiktok
https://pieterkriel.com/
https://www.tiktok.com/@pieterkrielorg
| |||
27 Mar 2024 | [85] Hensoppers - Engeland (met Afrikaans Vandag) | 00:48:30 | |
Ons kuier by Afrikaans Vandag se Annemie en Carien en hulle vertel ons van hulle avonture as Hensoppers in Engeland. Afrikaans Vandag op Spotify: https://open.spotify.com/show/6YQDJLwRHw7kUSFAOSdCUk | |||
14 May 2024 | [92] Pop! Locke | 01:26:20 | |
Ons praat oor die movie Locke en wat 'n real hero is.
| |||
18 Aug 2021 | [13] Boekklub: Sewe en ‘n half lesse oor die brein - Lisa Feldman Barrett | 01:32:20 | |
Francois se brein leer oor ditself
Seven and a half lessons (Lisa se werf)
Lisa en Lex (episode 1 en episode 2)
Audible Audiobook (audible)
Soek vir kindle boeke met audio (amazon)
Downhill mountain racing: 1000->1 (youtube)
Moer 'n 'roo (youtube)
Plasticity vs elasticity (webwerf)
"your choices are half chance, so are everybody else's" Baz Luhrmann - Everybody's free to wear sunscreen (youtube)
Daniel Kish wat blind is maar fietsry met echo location (onderhoud)
| |||
02 Nov 2022 | [35] Boekklub: 12 Rules for Life - Jordan B Peterson | 01:31:54 | |
Wat is die 12 reëls vir die lewe? 1. Flex daai muscles vir die cherries Ok, dis nou nie juis 'n perfekte vertaling nie, so jy sal maar na die episode moet luister! Oom Jordan se tuiste: https://www.jordanbpeterson.com/ Die groot Channel 4 onderhoud: https://www.youtube.com/watch?v=aMcjxSThD54 | |||
02 Apr 2025 | [138] Boekklub: Nexus - die groot AI gevaar (met Tersia) | 01:19:15 | |
Yuval Noah Harari se boek Nexus word bespreek, asook sy stellings oor die gevare van KI (AI). Susan Gerbic: https://www.youtube.com/watch?v=ZByPi3Rjhmk Tersia se ander projekte: Free Thought Hour: https://www.youtube.com/c/FreeThoughtProductions Kruisvry: https://www.youtube.com/@Kruisvry | |||
17 Sep 2024 | [110] AI se binnegoed en toekoms | 01:04:39 | |
Wat is Kunsmatige Intelligensie? Wat is generatiewe vs evolusionêre raamwerke? En is daar 'n groot KI-gevaar soos in Terminator? | |||
03 Oct 2023 | [64] Kloon en vernietig my Scotty! | 01:10:50 | |
As jou liggaam vernietig word, maar terselfde tyd perfek herbou word op Mars van ander materie, is dit nogsteeds jy? Ons praat oor klone en Star Trek teleport tegnologie en Derek Parfit se ander filosofie.
| |||
20 Nov 2024 | [119] Hoekom is blomme mooi? | 01:15:55 | |
“As ‘n boom omval in die bos en niemand hoor dit nie, maak dit ‘n geluid?” Wat van ons level up eerder met die vraag: “As ‘n blom blom in die bos en niemand sien dit nie, is dit nog steeds mooi?” Tesis: https://publicism.info/science/infinity/15.html Video met David wat sy idee verduidelik: https://www.youtube.com/watch?v=gT7DFCF1Fn8 | |||
23 Jul 2024 | [102] Hensoppers: Malta (Wendy Zitzman) | 01:15:22 | |
Ons gesêls weer met Wendy - die keer oor die tyd wat sy in Malta gebly het | |||
17 Apr 2024 | [88] Vals Profete en Resonerende Gurus | 00:56:45 | |
Met al die twakpraat daar buite kan dit moeilik raak om te weet wanneer verkoop iemand vals idees of mislei 'n guru jou. Selfs in die wetenskap hoor jy elke dag 'n ander storie. Ons kerm bietjie oor die penarie. Decoding the gurus: https://www.youtube.com/channel/UCTgFfqo5o8yIdvMbwOFZyYA | |||
27 Nov 2024 | [120] Pop! Solaris - die storie agter die storie | 00:57:35 | |
Ons praat oor die 2002-fliek Solaris, waar George Clooney 'n sielkundige speel met die naam Chris Kelvin wat arriveer op 'n ruimtestasie wat wentel om die planeet Solaris, nadat hy 'n noodsein van sy vriend ontvang het.
Solaris is baie meer as net 'n Hollywood-fliek — die geskiedenis strek oor dekades en het 'n paar interessante draaie wat ons na 'n ander era van sci-fi-stories en legendes toe vat, wat Gen X-mense soos ons en jonger heel moontlik gemis het. Ons vergelyk ook bietjie die 2002 Amerikaanse fliek, die 1972 Russiese fliek, en die oorspronklike boek wat deur 'n baanbreker Poolse skrywer in 1961 geskryf is. | |||
22 Jan 2025 | [128] Pop! Arcane | 01:13:52 | |
Plot Alert! Vind dit op Netflix https://www.netflix.com/title/81435684 | |||
04 Aug 2021 | [11] Internet Privaatheid: Die skaam of die faam | 01:32:56 | |
Ons praat met Francois oor skaam fotos, verskeie tipes privaatheid en sekuriteit. Ook oor: - Google of Duck Duck Go? - WhatsUp of Signal? - Persoonlike verantwoordlikheid vs regulasies - Onstaan van privaatheid Joseph Goebbels wiki. | |||
07 Feb 2024 | [79] Klets: "My Mense" | 01:15:40 | |
Hoe hard skud jy hand? Soengroet mense ook in ander lande? Wat beteken dit as 'n Afrikaanse man met vellies praat van "My Mense"? Wat is kultuur? Ons ruil notas uit en antwoord hierdie vrae van die perspektief van Suid Afrika, Australië en België.
| |||
16 Nov 2022 | [36] Magalies vs die internet: 2 | 01:11:49 | |
Wie gaan wen? Hitler en nobel prys: https://www.nobelprize.org/nomination/archive/show.php?id=3243
| |||
14 Feb 2024 | [80] Hensoppers: Thailand (Met Afrikaanse Manne Dewald) | 01:23:29 | |
Ons kuier in Thailand met Dewald van Afrikaanse Manne wat vir 4 jaar daar gebly het. Ander Hensopper episodes: 53: Israel 50: Taiwan 42: VSA 31: Nederland en ook op Episode 60 het Hugo ons onder andere vertel van Iowa, VSA. | |||
27 Aug 2024 | [107] Boekklub: Verwagtinge (met Beria Vorster) | 01:07:24 | |
Beria Vorster vertel ons van sy boek "Expectations". email: Beria.Vorster@gmail.com Boek te koop aanlyn: https://burbleonline.co.za/c/300/self-help (Beskikbaar vanaf 30/8/2024) | |||
13 Aug 2024 | [105] Fisika en Biologie Gediggies | 01:17:26 | |
Lewensbouende prosesse, kompleksiteit, moontlikheidspasies en samestellingsteorie. Feite oor die lewe, maar alles in digvorm! Sara Imari Walker (@Sara_Imari) / X | |||
28 Dec 2024 | [Bonus] Space nuus | 00:32:40 | |
Evert vertel weer vir ons van witwarm Januarie in die ruimte en watter ruimte planne hy na uitsien in 2025. | |||
07 Jul 2021 | [7] Klets: Fietsry sektes met 'n polisie chase scene | 00:43:09 | |
28 Apr 2021 | Inleiding - Nerd wees met Aliens en Time Travel | 00:51:50 | |
15 Jan 2025 | [127] Is besluitneming en doelwit "hacks" nodig? | 00:52:17 | |
Maak jy soms verkeerde besluite omdat jy nie verby die struikelblokke kan kyk nie? Sukkel jy met "analysis paralysis"? Voel jy skuldig oor doelwitte wat jy nie bereik het nie? Moet jy sleg voel teenoor jou historiese self as jy nie drome bereik het nie, of skuld jy eerder jou toekomstige self genot? Is die harde bene kou iets wat jy moet vermy of uitsoek? Moet ons eerder fokus op voorspellings as doelwitte? Elon Musk mis altyd sy ambisieuse mylpale, so is daar eers 'n punt om dit te stel? | |||
21 Nov 2023 | [69] Ons dink, ons is - Descartes se 'angle' | 00:54:35 | |
Ons gaan klassiek.... waar alles begin het... Rene Descartes. | |||
04 Jul 2023 | [53] Hensoppers: Israel (Wendy Zitzman) | 01:23:44 | |
Ons praat met Wendy Zitzman oor haar avonture in Israel. | |||
11 Jun 2024 | [96] Boekklub: Drank, seks en David Bowie (met RR Ryger) | 01:09:00 | |
RR Ryger skryf oor dinge in Afrikaans wat ons nie gewoonlik in Afrikaans lees nie. Dis 'n rowwe rit, maar baie boeiend. RR Ryger is die skrywersnaam van Michael Green. Ons praat ook met hom oor se loopbaan wat baie dekades span en 'n paar interessante draaie geloop het tussen skryf, rugby joernalis en redakteur van Loslyf. Litnet biografie: https://www.litnet.co.za/michael-green-aka-rr-ryger-1963/ Wikipedia: https://af.wikipedia.org/wiki/Michael_Green | |||
19 Jan 2022 | Seisoen 2 inleiding | 01:22:03 | |
Magtag, ja uiteindelik is ons terug. Welkom by die inleiding van seisoen 2!
Ons reflekteer bietjie op seisoen 1 en gee 'n behind the scenes kyk oor ons produksie proses.
Praat ook oor Joe Rogan, Lex Fridman, Scott Manley, Veritasium, ander paar ander podcasts.
Veritasium: Skaduwee
Veritasium: Godel
En oor geloof soos Scientology, Covid inentings, Road Rage.
Pelindaba naam: No more talking!
Ons het nie rerig 'n punt die keer nie, wil maar net hallo se en lekker gesels.
| |||
12 Mar 2025 | [135] Skeptisisme - teenmiddel vir alien stories & ander twak | 00:50:41 | |
Welkom, ons praat oor so paar idees oor skeptisisme. | |||
09 Jun 2021 | [3] The Road - skoene polish of plakkies dra deur die lewe | 01:25:46 | |
Ons praat met Willem oor sy unieke loopbaan paadjie en die tye saam met Piet Botha wat 'n heel ander lewensuitkyk gehad het. Check uit "The Road", 'n dokumenter oor Piet Botha waarby Willem betrokke was. | |||
05 Feb 2025 | [130] Hoekom is daar iets en nie niks nie? | 00:44:27 | |
Ons probeer weerens een van die onopgelosde vrae beantwoord. Michael Shermer artikel wat as basis gebruik word: https://www.skeptic.com/reading_room/why-is-there-something-rather-than-nothing/ Lawrence Krauss onderhoud: https://www.youtube.com/watch?v=46sKeycH3bE | |||
09 Feb 2022 | [16] 3..2..1.. Blast off jou lewe met RocketSprocket's aktualisering | 01:42:54 | |
Rocco Jarman praat met ons oor digter wees, actualisation en doel van die lewe. Eyeswideopenlife.org “actualisation | |||
06 Aug 2024 | [104] Klets: Afrikaanse Kasteel in Frankryk (met Sunita en Andrew) | 00:53:53 | |
Sunita en Andrew McDonald is besig om 'n 16e eeuse kasteel in die suide van Frankryk te restoreer, wat baie vervalle was toe hulle reg in die begin van Covid daar ingetrek het. Fotos op Instagram: https://www.instagram.com/chateaudecapelle/ Een van vele artikels op Maroela Media: https://maroelamedia.co.za/debat/rubrieke/ons-franse-kasteel-met-n-hart-diep-in-afrika-gewortel/ Facebook groep: https://www.facebook.com/groups/1006683509664380 | |||
09 Mar 2022 | [20] Wat is 'lewe'? | 01:56:27 | |
What is life!? Letterlik! Wie weet? Duidelik nie ons nie, maar ons probeer! Skink maar 'n dop en skud jou kop saam met ons. Haddaway: What is love | |||
02 Jul 2024 | [99] Niks kom van Krieket - dis net fisika (met Tersia) | 01:32:40 | |
Top-down vs Bottom-up causation; Free Will; Tersia by Free Thought Hour: https://www.youtube.com/@FreeThoughtProductions Robert Sapolsky: Determined https://en.wikipedia.org/wiki/Robert_Sapolsky Kevin j. Mitchell: Free Agents | |||
28 May 2024 | [94] Klets: Die wind in jou seile (power kiting) | 00:46:02 | |
Ons praat oor powerkiting. Maak seker jou kite is nie te groot vir jou skoene nie! https://www.youtube.com/shorts/cO7oM4VAxqY
Indiese insident: https://www.voanews.com/a/police-kite-fighting-string-responsible-for-india-festival-deaths/6931342.html | |||
24 May 2023 | [50] Hensoppers: Taiwan (met Elene van Sandwyk) | 01:35:10 | |
Die derde hensopper episode is hier! Ons praat me Elene van Sandwyk wat nou al 10 jaar lank in Tapei bly. Elene het hierdie regstellings gestuur:
| |||
05 Nov 2024 | [117] Die Borg se 'hive mind' | 01:04:27 | |
Ons kyk na Star Trek se Borg en gebruik dit as ’n gedagte-eksperiment om kollektiewe en individualistiese samelewings te vergelyk. | |||
10 May 2023 | [49] Namaste, Bliksems! (Mindfulness) | 01:34:06 | |
Evert, Tersia en Rudolph praat oor hulle mindfullness ondervindinge. Ons 50ste opname (insluitend ons intro, so episode 49)! Nog meer oor mindfullness Big Think 30 minute opsomming: https://www.youtube.com/watch?v=jCJdl6Vs7wg Andrew Huberman solo episode oor meditasie (episode 96): https://hubermanlab.com/how-meditation-works-and-science-based-effective-meditations/ Andrew Huberman praat met Sam Harris oor meditasie: https://hubermanlab.com/dr-sam-harris-using-meditation-to-focus-view-consciousness-and-expand-your-mind/ Gratis programme Walking Up gratis 30 dae: https://www.wakingup.com/tim Ten Percent Happier: https://www.tenpercent.com/guided-meditations Free Thought Hour (Tersia se ander projek): https://www.youtube.com/channel/UCrBdR81E6Mhf0kWzGShs3wA | |||
25 Jul 2023 | [56] Pop: Love, Death, Robots (Netflix TV reeks) | 01:05:14 | |
Evert & Francois klets oor van hull gunsteling LDR episodes; Welkom by die nuwe 'Pop Kultuur' segment. | |||
19 Apr 2022 | [26] Boekklub: Immune - Philipp Dettmer | 01:24:30 | |
Verwonder jouself aan die ongelooflike immuunstelsel, waar elke ratjie amper perfek draai. Waar elke soldaatjie marsjeer sonder dat iemand verduidelik wat om te doen. Dit voel asof daar 'n groot plan en kondukteur moet wees, maar al die individuele komponente hardloop rond sonder om te weet wat die groot doelwit is. Jou immuunstelsel is die tweede mees-komplekse biologiese stelsel wat ons van weet, so jy gaan nie verveeld wees met die episode nie. | |||
16 Mar 2025 | [Bonus] Space nuus | 00:28:05 | |
Ons gee 'n opdatering op: - SpaceX super heavy vlug 7 & 8 - Blue Origin se eerste New Glenn vlug - RocketLab en FireFly se klein rockets - FireFly en Intuitive Machines se maan landings | |||
07 Jun 2023 | [51] Holisme haasgat - Filosofie met Jan Smuts | 01:04:24 | |
Kan jy glo! Jan Smuts was nie net 'n groot staatsman nie, maar diep in Wetenskap en Filosofie en een van sy idees het groot impak gehad. Naamsverandering van die lughawe: https://www.sahistory.org.za/dated-event/johannesburg-international-airport-officially-renamed-or-tambo-international-Kanairport Multisellulere lewe in 600 dae: https://youtu.be/5_MkchWsfao | |||
01 Feb 2023 | [42] Hensoppers: David en die Goliat, Amerika | 00:42:49 | |
David het op stowwerige klein myn dorpies groot geword - daar was nie geld vir universiteit nie, maar hy het die geleenthede wat verby gekom het aangegryp en die beste daarvan gemaak. Sy paadtjie het hom deur Suider Afrika, Europa en VSA gevat. Kom luister na sy avonture op ons derde Hensopper episode. David se radio stasie: https://musicalventureradio.com/ | |||
25 Dec 2024 | [124] Boekklub: Orbital (2024 Booker wenner) | 00:40:27 | |
2024 Booker Prys wenner en dit speel af op die ISS - dit moet 'n goeie boek wees! Nie almal is ewe oortuig nie... https://en.wikipedia.org/wiki/Las_Meninas | |||
10 Apr 2024 | [87] Magalies vs Internet : Vasvra #5 - Diere | 00:45:49 | |
Ons val so baie vir mites op die internet, maar die Magalies is hier om te help! Ons praat meestal (maar nie uitsluitlik) oor diere manierie. Bronne: Jellievis en piepie: https://www.health.com/mind-body/does-peeing-on-jellyfish-help Honde sweet deur hulle tong: https://www.hillspet.com/dog-care/behavior-appearance/do-dogs-sweat Verkleurmannetjies: https://www.britannica.com/story/how-do-chameleons-change-colour Sloth vs dolfyn: https://www.forestwildlife.org/how-long-can-a-sloth-hold-its-breath/ Knoffel vs Muskiet: https://www.savatree.com/garlic-insect-repellent.html Aarde is nie rond nie: https://www.esa.int/Applications/Observing_the_Earth/10_remarkable_facts_about_Earth Australia is wyer as die maan: https://www.weareteachers.com/weird-fun-facts NYC aligators: https://en.wikipedia.org/wiki/Sewer_alligator MacD warm koffie: https://en.wikipedia.org/wiki/Liebeck_v._McDonald%27s_Restaurants Marilyn Manson: https://www.ladbible.com/entertainment/marilyn-manson-rib-removed-rumour-845670-20230215 Kate Winslet asem: https://theconversation.com/the-science-of-holding-your-breath-how-could-kate-winslet-stay-underwater-for-over-7-minutes-in-avatar-2-198381 Hare baie kam: https://thepragmaticcostumer.wordpress.com/2014/09/17/the-myth-of-a-myth-brushing-your-hair-100-times/ Goudvisse bleik: https://www.thoughtco.com/will-goldfish-turn-white-in-dark-604302 | |||
07 Dec 2022 | [38] Klets: Pinball - Die Kuns van Ingenieurswese! | 01:04:26 | |
Wanneer ingeneurswese en kuns die perfekte masjien maak! Ons praat oor pinballs en ons ondervindings daarmee.
Cool masjiene: Medieval Madness, Junkyard, Adams Family, Guns&Roses, Monster Bash, Creature of the Black Lagoon, Jurassic Park, WWF.
Findapinball.com: Sien waar in Europa daar masjiene is om te speel of waar jou naaste gunsteling is.
IPDB.org: Internet pinball database. Die ultimate resource vir pinball foto's, reels, ROMs ensovoorts.
Williams Pinball: google play ios. Die het 'n klomp Williams masjiene en jy kan meeste speel sonder om te betaal.
Pinball arcade: Tables, PC en consoles. Het net real-life masjiene. Meeste kos geld
Pinball FX3: Vir PC en consoles. Het Williams masjiene waarvoor jy moet betaal en baie software masjiene.
Visual pinball: Forum en bronne om behoorlik te simuleer. Alles gratis maar jy moet 'n tweaker wees.
| |||
11 Feb 2023 | Welkom by die Magalies Afrikaanse Potgooi / Podcast | 00:06:37 | |
Hartlik welkom by ons potgooi in Afrikaans! Hierdie is ons tweede inleiding van die podcast. Ons reken die ander een is episode een. Krap maar rond. Ek is seker nie alle temas is interessant vir almal nie. | |||
31 May 2022 | [31] Hensoppers Nederland: Met Ruth Prinsloo | 01:04:27 | |
Welkom by die eerste episode van ons Hensopper reeks waar ons praat met Suid Afrikaanse mense wat regoor die wêreld bly. Ruth vertel van haar 20-jaar lange ondervinding met Nederland en Nederlanders. | |||
26 Jan 2022 | [14] Klets: Tel Brakkenjan se k@k op! | 01:06:01 | |
As daar nou een ding is wat seker dieselfde in alle lande is, is dit honde. Maar nie, nie rerig nie. Ons praat oor hoeveel anders mense hulle honde aanhou in Australië en België. "Dis altyd fun om te praat, wetie of dit fun is om te luister nie" Rudolph Botha | |||
25 Oct 2023 | [66] Boekklub - Kafka se 'Die Metamorfose' | 01:23:02 | |
Bespreking van die klassike 1915 boek. Dan Buettner onderhoud: https://www.youtube.com/watch?v=votipN16UK8 Kyk ook na “Live to 100: Secrets of the Blue Zones” op Netflix. Boek verniet hier: https://www.sas.upenn.edu/~cavitch/pdf-library/Kafka_Metamorphosis.pdf Kuns kopiereg: www.instagram.com/nell.idae | |||
17 Oct 2023 | [65] Hoekom is mense bliksems? | 01:16:43 | |
Hoekom ervaar ons mense as bliksems? Evert en Rudolph staan op vir hulle! Daniel Kahneman: Vir elke slegte ervaring in a verhouding het jy 5 goeies nodig: https://pca-nwa.com/quantity-and-quality-in-human-interactions/ Podcast Scott Barry Kaufman: https://scottbarrykaufman.com/podcast/ Paul Bloom (Phsyc): https://open.spotify.com/show/2IolDGaw9k2mYEW3sLEj6W | |||
12 Apr 2022 | [25] Klets: Dryf in die donker en raak soos 'n spook | 01:05:33 | |
Sensoriese ontneming tenk ondervinding - Rudolph en Evert raak romanties en gaan vir 'n spa bederf, maar i.p.v. die traditionele masseersessie doen hulle 'n 'sensory deprivation tank' sessie. Jy gaan lê in die donker in 'n kapsule vol warm soutwater en dan voel dit asof jou hele lyf wegsmelt - jy raak soos 'n spook wat sweef in die donkerte. | |||
25 Apr 2023 | [48] Klets: ChatGPT | 01:19:54 | |
Die eerste Afrikaanse onderhoud met ChatGPT, of soos ons haar gedoop het: Blikbrein. | |||
09 Apr 2025 | [139] Pop! Spaceman | 00:29:29 | |
Kort episode vandag - Adam Sandler se verrassended serious space fliek. Ons doen geen analise van die movie nie - net 'n lekker klets en vinnige bekendstelling vir die wat dit nog nie gekyk het nie. | |||
15 Oct 2024 | [114] Hensoppers: Kanada (met Hardy) | 00:55:37 | |
Hardy vertel ons van sy 5 jaar in Kanada en ander ondervindinge. Ander Hensopper episodes: [102] Malta [085] England [080] Thailand [053] Israel [050] Taiwan [042] VSA [031] Nederland | |||
03 Sep 2024 | [108] Het klippe bewussyn? | 00:57:46 | |
Natuurlik nie, maar die teorie van Pansigisme sê bewussyn (consciousness) is versprei oor die heelal en in alles. Dalk is dit bollie, maar miskien leer mens tog iets as jy daaroor dink. | |||
02 Mar 2022 | [19] Klets: Musiek nostalgie met Eugene | 01:26:31 | |
Ons verwelkom Eugene Kraamwinkel by ons gooi. Ook oor die politieke invloed op musiek tydens die apartheids jare, Rodney Seale wat ons teen die duiwel gewaarsku het en meer oor Piet Botha.
| |||
22 Aug 2023 | [60] Klets: Met Afrikaanse Manne (Hugo Swanepoel) | 01:51:34 | |
Hugo Swanepoel van die Afrikaanse Manne potgooi praat vandag met ons oor potgooi, hensop, politiek, en boek en potgooi aanbevelings. Afrikaanse Manne op spotify Boeke: - Fees van die ongenooides: PG Du Plessis (gelees deur Anrich Herbst) op Audible - David Goggins: Boek - Matthew Mcconaughey: Audible Potgooie: Breaking Points : News op Spotify Wolverine the lost trail: Storie op Spotify The Shawn Ryan Show: Spotify | |||
04 Jan 2023 | [40] Is die lewe te kort? | 01:24:58 | |
Dis 'n ou nare vraag, maar ons gaan jou nie depressief maak nie. | |||
03 Apr 2024 | [86] Sitcom dilemmas | 01:28:38 | |
In die TV reeks Seinfeld, kry die 4 makkers van die show hulle self altyd in die mees ongemaklike sosiale situasies en morele penaries. Kan die Magalies hulle help om daaruit te wriemel? | |||
28 Feb 2024 | [82] Deen se transisie | 00:52:39 | |
Deen is 'n Afrikaner man wat hou van rugby en braai, maar was gebore as 'n vrou. Wat 'n aangename gesprek om te luister na die paaidjie wat hy gestap het. | |||
17 Jan 2023 | [41] Morele fondasies en heidene | 01:29:46 | |
Met Evert en Rudolph wat in lande bly wat nie meer rerig gelowig is nie, waarop is die mense se moraliteit gebaseer? | |||
26 Feb 2025 | [133] Boekklub: The Alienation Gene met Marinus Mans | 01:09:29 | |
Ons praat met skrywer Marinus Mans oor sy boek The Alienation Gene Amazon link vir The Alienation Gene marinusmans.co.za | |||
06 May 2024 | [91] Klets: Reis deur Suid-Afrika as 'n Hensopper | 00:50:57 | |
Hoe ervaar mens Suid-Afrika nadat jy 7 jaar nie daar was nie?
| |||
21 Jun 2023 | [52] Misterie van Melkweg Mannetjies | 01:20:51 | |
Ons praat oor groen mannetjies wat in die ruimte bly en wonder hoe hulle lyk en of hulle bestaan. Hoekom hik ons? https://sites.dartmouth.edu/dujs/2009/05/22/why-do-we-hiccup/ Enkel elektron idee: https://en.wikipedia.org/wiki/One-electron_universe | |||
10 Sep 2024 | [109] Boekklub: Hoekom comics lees ? (met Hugo Swanepoel) | 00:55:10 | |
Hugo en Evert vertel vir ons wat die aantrekking is om strokiesprente te lees en vertel ons 'n bietjie meer van die grafiese roman MIND MGMT. https://en.wikipedia.org/wiki/MIND_MGMT | |||
27 Apr 2022 | [27] 'n Vegetariër, veganis en 'n vleiseter loop in 'n kroeg in..., met Michelle Venter | 01:19:18 | |
Evert hou baie van sy "steak" en boerewors, maar Rudolph is 'n vegetariër. Sal Rudolph hom kan oortuig om minder vleis te eet? Natuurlik nie! Dis hoekom hy spesiale hulp ingeroep het. Michelle, bobaas bakker en vegan, gaan vir ons verduidelik hoekom sy gekies het om 'n vegan te wees in die land van biltong en braai. Check uit vegansociety.org.za Paul McCartney Video details: https://www.paulmccartney.com/news-blogs/charity-blog/if-slaughterhouses-had-glass-walls-everyone-would-be-vegetarian "Last Supper" vleis porsie word al hoe groter: https://www.theguardian.com/artanddesign/2010/mar/23/last-supper-supersized-food-paintings Die probleem met eiers: https://fb.watch/cAd4lMtyzl/ | |||
21 Feb 2024 | [81] Pop! Don't worry, darling | 00:53:38 | |
Ons praat met Pop se eerste gas, Rudolph Botha oor die fliek "Don't worry, darling" Don't Worry, Darling: https://en.wikipedia.org/wiki/Don%27t_Worry_Darling The Stepford Wives: https://en.wikipedia.org/wiki/The_Stepford_Wives_(2004_film) The Truman Show: https://en.wikipedia.org/wiki/The_Truman_Show | |||
05 Apr 2022 | [24] Olie die ratte in jou kop met Tersia Du Plessis | 01:08:23 | |
Ons praat met Tersia van die organisasie DOEN oor kritiese denkvaardighede en veral oor hoe belangrik dit is om kinders hierdie vaardighede op skool te leer. Dit sluit in: - Metakognisie: Die proses om jou eie denkwyses konstant te ondersoek en te verbeter. - Epistemologie: Om te weet hoe ek weet wat ek weet, of eerder: hoe weet ek wat ek dink ek weet. Ons pas dit toe op dinge soos: - Kinders (en grootmense) wat bang is vir monsters onder die bed - Tieners wat mekaar dik vry en hulle tjommas wat hulle laat rook en ander onheilighede doen. Wat is die beste benadering hier: moet ons hulle skuldig of bang laat voel oor hulle immorele gedrag, of is daar 'n beter benadering? Tersia se aanbevele bronne: - Sam Harris: www.samharris.org - School of Life: www.theschooloflife.com - Steven Novella: Your depective mind: https://www.goodreads.com/en/book/show/24705890-your-deceptive-mind Skeptics guide to the universe: www.theskepticsguide.org Tersia se kontak besonderhede: - DOEN: www.facebook.com/doendoit2020 - email: info@doen.co.za - Twitter: @wonwomanworks | |||
04 Dec 2024 | [121] Vryheid | 00:58:18 | |
Nie die dorp in die Vrystaat nie - die idee dat jy kan doen wat jy wil. Ons praat oor verskil tussen lande, vryheid om vinnig te ry soos op die autobahn, vryhede waar jy jouself inperk, ens. | |||
22 May 2024 | [93] Die Gevaarlike Paddastoele | 01:06:16 | |
Ons praat met Dewald oor sy ondervindinge in Psigedelies en ander dwelms. Ouderdomsperking en baie waarskuwings geld vandag! Afrikaanse Manne: https://afrikaansemanne.com/ Die ander kant van rook: https://www.youtube.com/watch?v=_rBPwu2uS-w Die fractal beelde waarna verwys is: https://www.highexistence.com/dmt-experience-drug-good-bad-unbelievable/ | |||
30 Jul 2024 | [103] Evolusie Feite en Verwarringe | 01:15:27 | |
Evolusie Teorie misverstande, gapings, pogings om te versoen met die Bybel, bewyse en ander feite
| |||
01 Oct 2024 | [112] Hotel Infinity | 00:53:00 | |
Ons doen so bietjie wiskunde, met die Hotel Infinity Paradoks - 'n gedagte eksperiment in die veld van Wiskunde Filosofie. | |||
16 Aug 2023 | [59]: Boekklub: 42 - Big Bang tot Mens (met Dawid Vandenheever) | 01:38:53 | |
Dawid vertel ons van sy boek wat 13.77 miljard jaar se geskiedenis verduidelik en al die groot idees soos Kosmologie, Evolusie tot Vrye Wil saamvat in 'n maklike verstaanbare en vloeiende beskrywing. Dawid se projek website: https://prjct42.org/ Elke hoofstuk van 42 is hier te lees: https://prjct42.org/the-answer/ ‘n Link na die boek is ook hier: https://prjct42.org/the-book/ Werks webblad: https://www.abe.msstate.edu/research/nerd/ | |||
13 Nov 2024 | [118] Hensoppers: Indië (met Vanessa) | 01:04:16 | |
Die week is dit weer tyd vir 'n lekker ligte kuier en die keer gaan loer ons in by Vanessa wat al 4 jaar lank in Indë bly saam met haar familie. | |||
24 Sep 2024 | [111] Klets: Vegkuns met Brandin Fourie | 01:01:06 | |
29 Nov 2023 | [70] Klets: SpaceX - ROCKETS! | 01:17:49 | |
Evert vat ons deur die SpaceX vloot se geskiedenis en toekoms. Games with realistic orbital mechanics: Orbitersim: (serious sim): http://orbit.medphys.ucl.ac.uk/ KSP 1: https://store.steampowered.com/app/220200/kerbal_space_program KSP 2: https://store.steampowered.com/app/954850/Kerbal_Space_Program_2/
SpaceX: Landing learnings: https://www.youtube.com/watch?v=bvim4rsNHkQ&t=17s Falcon heavy landing: https://www.youtube.com/watch?v=sf4qRY3h_eo&t=462s
IFT 1: Rock tornado: https://www.youtube.com/watch?v=_krgcofiM6M&pp=ygUKc3BhY2V4IGlmdA%3D%3D IFT 2: Getting better at it: https://www.youtube.com/watch?v=JL7bPFxQKgM&pp=ygUKc3BhY2V4IGlmdA%3D%3D
Falcon 1 foto behoort aan SpaceX; lisensie: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Falcon_1_Flight_4_liftoff.jpg | |||
05 Mar 2025 | [134] Maga-lies: Trump en tribulasies | 01:07:24 | |
Rudolph en Evert kan hulself nie help nie en praat oor die onlangse verandering in die politieke landskap van die VSA. As jy moeg raak, spring na die laaste 5 minute toe of so waar ons darem tot een of ander gevolgtrekking kom. |